GR R
In Graad R fokus ons daarop om elke leerder holisties te ontwikkel.
Ons leer deur te speel en ons speel om te leer. Hier word elke leerder, daagliks ontvang met ope arms. In Graad R word die fondasie gelê, waarop daar gebou kan word in Graad 1.
Grondslagfase
Ons Grondslagfase is gefokus om die geriewe tot ons beskikking optimaal te gebruik tot voordeel van ons leerders.
Ons verseker dat leerders in grondslagfase toegerus word met selfvertroue, erkenning, aanmoediging en waagmoed om te “Leer en Leef”.