As deel van die skoolkompleks is ‘n ouditorium, drie volledig ingerigte spesialisklaskamers met modern naaimasjiene, hand- en houtwerktoerusting en musiekinstrumente, sowel as ‘n moderne laboratorium in die ingesluit.
Boonop is ‘n ‘Discovery Center’ in die middel van die kompleks geleë. Hier sal leerders onder die indrukwekkende “Boom van kennis-kolomme” sit en gebruik maak van die multimedia-toerusting, ‘n afgeskermde oudio-visuele area sowel as ‘n goeie saamgestelde versameling biblioteekboeke.
Botha’s Halte bied die volgende naskoolse aktiwiteite aan:
Landbou-Ontwikkeling
Tuinwerk
Kunste
Blaasorkes | Koor | Tromme
Tegniese Ontwikkeling
Robotika | Kodering
Handvlyt
Naaldwerk | Houtwerk








